Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk. ’n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm word,...
No biography available for this author.