Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?
Hannes Barnard is ’n multigenre skrywer van Afrikaans en Engelse fiksie. Sy debuutjeugroman, Halley se komeet, is ook in Engels vertaal en wêreldwyd vrygestel. Hy word benoem vir verskeie pryse vir die apokaliptiese Wolk-jeugromanreeks, onder andere die KykNet-Rapportprys. Wanneer hy nie skryf nie, is hy waarskynlik besig om oor sy volgende avontuur te droom. Hy woon in Johannesbrug saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by ’n uitgewer.
Read more