Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon. Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ... Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en...
Riaan Grobler is 'n bekende omproeper by PretoriaFM, sanger, akteur en TV-aanbieder. Hy is gebore en getoë in Pietersburg, en die wenner van verskeie medaljes gedurende 'n internasionale sangkompetisie in sy matriekjaar. Die eerste van sy sewe albums het in 2006 die lig gesien ná sy deelname aan Supersterre. In 2006 tree hy op as akteur in die musikale verhoogproduksie, The Wedding. Riaan vervaardig ook televisie-programme en het Die Groot Ontbyt aangebied. Riaan woon deesdae in Pretoria en sy debuut roman, die gewilde blitsverkoper Geheime op Philadelphia, het baie lof ingepalm.
Read more