‘Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie? ’Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak. Hulle sit af na Vleesbaai — ja, daar is rêrig so ’n plek — en maak ’n paar reëls vir die vakansie:
• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie. Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor … ’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen — dit alles maak ’n legendariese somer.
Fanie Viljoen is one of the most loved and diverse writers in Afrikaans children’s and YA literature. He was awarded twice with the Sanlam Prize for Youth Literature, as well as the M.E.R. Prize. He has also won numerous ATKV Children’s Book Awards. His young adult novels Offers vir die vlieë (2019) and Ons laaste legendariese somer (2023) won the LAPA Youth Novel Competition.
Read more