Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781779875136
Published: April 2024
Imprint: Romanza
Page Extent: 192
Format: e-Book
RRP 95.00

Veilige hawe vir die hart

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy ’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.

Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het.

Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

About the Author

Marilé Cloete

Marilé Cloete

Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.

Read more

More titles by this author

×