NUWE UITGAWE: SLUIT DIE VONNISOPLEGGING IN EN MAAK VIR DIE EERSTE KEER DIE MOORDENAAR SE IDENTITEIT BEKEND ...
Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, net in sy swart rugbybroek en vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is Don maande later vir die moorde gearresteer. Dit het ’n...
Jacques Steenkamp has been covering breaking-news stories across South Africa for almost a decade. During this time he has reported on hundreds of murders and countless court cases. He is considered one of the country's top hard-news reporters and has been awarded numerous journalism prizes over the years. Jacques covered the Griekwastad murders from the beginning and, along with his contacts and sources, investigated and exposed the truth behind this gruesome case.
Read more