Speuradjudant Storm van der Merwe is op die toneel toe ’n gehate kosblogger dié middag in een van Hermanus se spoggerige restaurante dood neerslaan. Dit blyk die giftige sampioene in die vrou se kos is selfs dodeliker as haar vlymskerp resensies.
Dit is maar net die begin van Storm se probleme: haar oudkollega, Andreas Moerdyk, het bedank en trap nou haar drumpel deur op soek na ’n nuwe heenkome in dié dorp. Om dit alles te kroon, verdwyn haar geliefde hond.
Storm se senuwees is gaar wanneer die moordenaar nog slagoffers eis – alles tydens die voorbereidings vir ’n blink toekenningsaand waar die land se topsjefs vereer word. Maar wie is besig om moord op te dis en gaan Storm dié slagting kan keer?
Irna van Zyl is the author of the popular thrillers Dead in the Water and Death Cup. She is an award- winning journalist and media entrepreneur who headed up the magazines De Kat, Insig and Boeke-Insig. Before becoming a full-time writer, she was the executive director of a leading marketing agency. Irna was awarded the Order of Tafelberg for her business achievements. She lives in Cape Town. Photograph © Joanne Olivier.
Read more