Search for your favourite author or book

Jagter

ISBN 
9781415210048
Format 
Paperback
Recommended Price 
R300.00
Published 
April 2019
About the book: 
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
 
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. 
 
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.
 
In Jagter,  haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
 
KLIEK HIER  om die uittreksel te lees.
 

Other titles by this author 
About the Author

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die Gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapportprys), Vuilspel, Slaafs, Jagter, Lokval en Grietjie se Loutering. Sy het etlike jare as prokureur gepraktiseer en woon en werk in die Overberg.

 

Others also viewed

The captivating new novel from the internationally-bestselling author of  The...
Published annually, Sky Guide Southern Africa  is a practical resource for all stargazers,...
Hierdie boek is ’n versameling Afrikaanse idiome deur die skepper van Idees vol vrees,...
You never know what's happening on the other side of the wall.   Your neighbour told...