Search for your favourite author or book

Ver in die wereld, sushi

ISBN 
9781770228825
Format 
Epub
Recommended Price 
R185.00
Published 
August 2015
About the book: 
Koos Kombuis vier vanjaar sy sestigste verjaardag, en hoewel dié musiek- en skrywerslegende ietwat ouer en wyser geword het, is sy kommentaar op sosiale en politieke sake nog net so skerpsinnig soos altyd.
 
In sy jongste rubriekeversameling kom ’n verskeidenheid onderwerpe onder die soeklig, soos die stommiteite van politici, die irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante, en die wanstaltigheid van amptenare wat die banaalste vorme van burokrasie in stand hou. Maar Kombuis presteer nie net as satiriese kommentator nie. Sy ode aan sy oorlede moeder en die nostalgiese herinneringe aan sy kinderdae sal lesers diep ontroer. Bowenal verteenwoordig Kombuis se kritiese stem daardie Afrikaners wat hulleself beskou as trotse burgers van die globale dorpie – hulle wat susji kan geniet sonder om ’n gesigspier te vertrek!
 
Ver in die wêreld, sushi! is ’n keur uit die rubrieke wat tussen 2005 en 2015 verskyn het in publikasies soos RapportDe KatTaalgenoot en op LitNet en Netwerk24. Kombuis bewonderaars kan nie genoeg kry van die skrywer se sonderlinge humor, verhelderende insigte, kompromislose eerlikheid en meevoerende styl nie.
Other titles by this author 

Others also viewed

Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal....
In less than a century, the jumble of shabby tents and lean-tos that constituted Johannesburg...
‘The kind of structural, race-based and class-based inequality that underpins our current...
The year is 1991, and Spud Milton's long walk to manhood is still creeping along at an...