In Allegaartjie kan jy iets van alles kry.
-Grappe
-Rympies
-‘n Kortverhaal
-Speletjies
-Raaisels
-En illustrasies wat ingekleur kan word
Hierdie boek gaan saam met die boek Allamapstieks, maar kan ook op sy eie gelees word. Die twee boeke is perfek vir enige leser wat op soek is na pret in ‘n boek!
Allegaartjie has something for everyone.
-Jokes
-Rhymes
-A short story
-Games
-Puzzles
-And illustrations that can be coloured in.
This book can be read with the title Allamapstieks, but each title can also be read on their own.
These two books are perfect for any reader who is looking for fun in a book!
Hannes Barnard is ’n multigenre skrywer van Afrikaans en Engelse fiksie. Sy debuutjeugroman, Halley se komeet, is ook in Engels vertaal en wêreldwyd vrygestel. Hy word benoem vir verskeie pryse vir die apokaliptiese Wolk-jeugromanreeks, onder andere die KykNet-Rapportprys. Wanneer hy nie skryf nie, is hy waarskynlik besig om oor sy volgende avontuur te droom. Hy woon in Johannesbrug saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by ’n uitgewer.
Read more