As kinders het Corinne en Strydom ewige trou aan mekaar belowe. Voor hy universiteit toe is, het sy haar liefde vir hom erken, maar hy het haar gevra om eers skool klaar te maak.
Toe Strydom vyf jaar later stil raak, besluit Corinne om in Australië te gaan studeer. Tot sy hoor Strydom wil haar ouers se huis sloop vir sy gasteplaas.
Corinne keer terug om Strydom te konfronteer. Maar sy is nie voorbereid op die gevoelens wat weer in haar opvlam nie.
Alta Steyn woon in Pretoria, saam met haar lieflingkat, Jessie. Haar boshuisie, soos sy dit noem, iword omring deur natuurskoon uit haar eie tuin. Sy was sy nog altyd ’n groot dromer met ’n wakker verÂbeelding, veral wanneer dit by die liefde kom. Sy hou daarvan om in haar vrye tyd in haar tuin rond te krap, digitaal te skilder en gedigte te skryf.
Read more