Die vooraanstaande neurochirurg dr Eben Alexander het homself altyd as ’n man van die wetenskap beskou. Sy vaste geloof in geneeskunde wat op bewyse berus, het hom ’n loopbaan by van die top-institusies in die wêreld besorg. Maar dit sou heeltemal verander. Een oggend in 2008 raak hy in ’n koma nadat hy ’n seldsame bakteriese breinvliesontsteking opgedoen het. Breinskanderings wys massiewe breinskade. Hulle verwag nie hy sal leef nie. Terwyl sy gesin hulle op die ergste voorberei, gebeur iets wonderbaarliks: sy brein begin ontwaak uit ’n toestand van byna algehele stilstand. ’n Veranderde man word daar wakker, seker van die oneindigheid van die siel, en seker van ’n lewe anderkant die dood. In hierdie verstommende boek deel dr Alexander sy ondervinding soos hy...
No biography available for this author.