Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Fiction, Kinder & Jeug, Young Adult
ISBN: 9780637007733
Published: June 2025
Page Extent: 280
Format: e-Book
RRP 245.00

Bloedblou

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

DIE BOEK

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het.

Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het. In ’n poging om haar pa se naam skoon te kry, wend sy haar tot meneer Cohen, ’n ou familievriend met ’n winkel vol geheime. Daar ontmoet sy Eddie Nonnies, en ’n intense vonk skiet tussen hulle.

Saam moet Kya en...

About the Author

Jan Vermeulen

Jan Vermeulen

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal “In Ma se Stoof” in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Read more

More titles by this author

×