Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415206638
Published: June 2015
Page Extent: 184
Format: PDF
RRP 205.00

Boas Mei is verward

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wêreld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: wat die probleem in sy kop is.

Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys ná hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dít help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie.

Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. ’n Beter een, want sy ware storie is...

About the Author

Tinus Horn

Tinus Horn

Tinus Horn is ‘n oud-joernalis wat deesdae skilder en skryf en kort animasieflieks maak. Bomskok verskyn 18 jaar na sy eerste boek, Droster.

Read more

More titles by this author