As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.
Toe Boererate – ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het dié besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.
’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word...
No biography available for this author.