Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na ’n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is ’n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry onverwags plek in een van die dorp se spanne. Wanneer Greg en sy spanmaats die seisoen begin, lyk die kanse skraal dat hulle selfs ’n enkele wedstryd gaan wen. Maar in sport kan enigiets gebeur. Sal Greg sy kans aangryp wanneer alles op die spel is en hy die bal in sy hande het? Of gaan hy die kolskoot verbrou?
Jeff Kinney is a #1 New York Times bestselling author of the Diary of a Wimpy Kid series and the Awesome Friendly Kid series. He is a six-time Nickelodeon Kids’ Choice Award winner for Favorite Book and has been named one of Time magazine’s 100 Most Influential People in the World. He spent his childhood in the Washington, D.C., area and moved to New England, where he and his wife own a bookstore named An Unlikely Story.
Read more