Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781485904489
Published: February 2020
Page Extent: 280
Format: e-Book
RRP 285.00

Die afloerder

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Iemand loer vanuit die skadus.

Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.

Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.

Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.

Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?

Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

About the Author

Anel Heydenrych

Anel Heydenrych

Anel Heydenrych het as TV- en radiojoernalis op RSG bekend geword. Sy het ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Tans woon en werk sy op Colesberg.

Read more

More titles by this author