Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Fiction, Afrikaans, Local Fiction, Romance, Adult, Bestsellers
ISBN: 9781776380930
Published: August 2025
Page Extent: 272
Format: Paperback
RRP 330.00

Die grafdigter

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef. Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie. Of dalk het hulle net in die son gekyk. Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks. Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in...

About the Author

Gerda Taljaard

Gerda Taljaard

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder, Die laksman se dogter en Vier susters. Die laksman se dogter is met die kykNET-Rapport-filmprys vereer. Vier susters is bekroon met die kykNET-Rapport-fiksieprys en die ATKV-Woordveertjie vir prosa. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria.

Read more

More titles by this author

×