Die storie voor die storie. Voor die ontstaan van Tír na hÓige, die fae-ryk, was die fae as slawe en gevangenes van die mense aangehou. In hierdie tyd word daar ’n profesie gemaak: ʼn Faedogter sal gebore word uit beide die Winter- en Somerryk. Sy sal die enigste een wees met die vermoë om haar opeising as Volbloedfae te stop en sal ook kan kies aan watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis. Melody is die kind van die profesie. Sy word groot as wisselkind; ’n faedogter wat tussen mense grootgemaak word. Toe Melody die mense se troonprins, Donohue, ontmoet lyk dit of haar toekoms reeds uitgelê is. Gaan sy die pad van die profesie loop, of wag daar ’n ander toekoms op haar?
Sunel Combrinck is ’n hoërskool-onderwyser met ’n hart vir jong mense en stories. Sy bedryf ook VasgeINK-skryfskool by die Hoërskool Eldoraigne in Centurion waar sy tieners die kuns van storieskryf leer. Tans leef sy haar eie romanse uit saam met haar universiteitsliefde en hulle twee kosbare dogtertjies. Huidige titels wat reeds op die rak is sluit in haar fantasiereeks, Die ontwaking van winter, twee dagstukke in Listen Up! en Sneller, ’n tienerromanse.
Read more