DIE BOEK
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte.
In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!
In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?
THE BOOK
Die seerowers van die Silwer Sardien is a series about pirate seagulls, talking cats, and hidden treasures.
In “Oogsterretjies”, Septimus,...
Jacolene du Plooy is die skrywer van Die seerowers van die Silwer Sardien -reeks waarvan die eerste twee titels, Oogsterretjies en Die drie swaarde, in 2025 gepubliseer is. Jacolene is ’n spelterapeut en glo in die bemagtiging van kinders deur stories en spel. Sy is getroud met Heinrich, ’n byeboer, en woon in die pragtige Jakarandastad saam met hul twee kinders. Sy vind inspirasie in die alledaagse uitdagings en vriendskap is ’n sentrale tema in haar stories.
Read more