Zeandré wil baie graag ook ʼn hondjie hê wat sy beste maatjie sal wees. Dan kry sy gesin vir Jukka, ʼn Boston-terriër met houding en ʼn gewoonte om ʼn rits winde te los. Gou besef hulle hulle kan met mekaar “praat” en die avonture van span Zukka begin. Zeandré bou saam met sy sussie ʼn blokkiesdorp, terwyl Jukka lui op die bank uitstrek. Daar kan nie veel opwinding wees wanneer mens blokkies bou nie, of dit is wat Zeandré dink. Hy en Jukka beland in ʼn wilde en gevaarlike situasie. Opeens staan ʼn blokkiesboelie voor hulle. EN hy is kwaad. Sal die Zukka-span hierdie keer weer die gesin kan red? Of is dit klaarpraat met hulle?
==
Zeandré very badly wants a dog that can be his best friend. Then the family gets Jukka, a Boston terrier with an...
No biography available for this author.
Chané Brits is 'n illustreerder en gegradueerde van Open Window, Skool vir Kuns, met 'n lewenslange liefde vir teken en storievertelling. As 'n kind in hart en siel, was sy nog altyd gefassineer deur die illustrasies in prenteboeke en die manier waarop dit stories tot lewe bring. Toe sy ontdek dat sy haar passie vir teken in 'n beroep kan omskep, het sy dadelik geweet dit is wat sy wil doen.
Sy geniet dit om stoute karakters met unieke persoonlikhede te skep en haar eie kinkel aan stories te gee. Haar werk word geïnspireer deur vriendskap, fantasie en die eindelose moontlikhede van verbeelding. Deur haar illustrasies hoop sy om wêrelde te skep wat nuuskierigheid prikkel, 'n glimlag op lesers se gesigte bring en hulle herinner aan die magic van 'n goeie storie.
Read more