Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799389814
Published: July 2018
Page Extent: 250
Format: Paperback
RRP 320.00

Dowe gode

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?

Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.



Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.

Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord,...

About the Author

Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach kan nie ’n tyd in haar lewe onthou dat sy nié geskryf het nie. Die lewe wat tussen die buiteblaaie van ’n boek gebeur, is nog al die jare ’n baie belangrike aspek van haar lewe. Sy het egter eers haar hand aan ’n roman gewaag nadat sy haar in haar professie gevestig het. ’n Liefde vir woorde, stories en mense het haar genoop om haar in die regte te bekwaam en sy werk al baie jare in die strafregstelsel, veral met kindersake. Sy het eerstehandse kennis oor hóé die stelsel sy jong slagoffertjies hanteer en hoewel daar baie hartseer en tragedie te vinde is in hierdie omgewing, verstom die kinders haar altyd met hulle deursettingsvermoë en vergewensgesindheid.

Read more

More titles by this author

×