Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly. Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk. Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.
Bets woon sedert 2018 dolgelukkig in die Suidkaap. Sy glo liefde het helende krag, daarom is liefdevolle verhoudings binne gesinne, tussen vriende, verliefdes en ook die mens se spesiale band met sy troeteldier belangrik in haar stories.
Read more