Verbeel jou ’n wêreld waar niks meer snaaks is nie ... Niemand lag nie. Daar is geen grappies nie, geen humor nie, niks. Net vervelige gesprekke en suur, ernstige mense. Dis ’n probleem. Veral as jy ’n grapkas is soos Jakes. Maar wat steel mense se humor? Of eerder, wie steel dit? Beste vriende Jakes, Bekka en Albert vermoed die superslinkse en superslim Semma het iets daarmee te doen. Hulle besluit om ondersoek in te stel, maar loop erg verkeerd en een van die trio raak weg ... Nou is dit ’n resies teen tyd om hulle vriend te red en te keer dat hulle, en die hele wêreld se humor gesteel word. Maar in hulle pad, is ’n groot GAT ... Jakes, Bekka en Albert nooi jou saam op die avontuur van ’n leeftyd om te sien wie laaste...
Hannes Barnard is ’n multigenre skrywer van Afrikaans en Engelse fiksie. Sy debuutjeugroman, Halley se komeet, is ook in Engels vertaal en wêreldwyd vrygestel. Hy word benoem vir verskeie pryse vir die apokaliptiese Wolk-jeugromanreeks, onder andere die KykNet-Rapportprys. Wanneer hy nie skryf nie, is hy waarskynlik besig om oor sy volgende avontuur te droom. Hy woon in Johannesbrug saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by ’n uitgewer.
Read more