Penguin Random House South Africa

Categories: Action & adventure, Afrikaans, Fiction, Local Fiction, Adult, New Releases
ISBN: 9781779881052
Published: May 2026
Imprint: LUCA
Page Extent: 272
Format: e-Book
RRP 255.00

Groete uit Skotland

Formats & Editions

About the book

Frances vlug van ’n hartseer verlede weg na ’n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag ’n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het. Daar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie wat op ’n plaas naby Hazyview woon. Sy begin werk as ’n onderwyseres by ’n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.

In Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om ’n weduwee op ’n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy so met baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur ’n skool in Pretoria voel sy egter heeltemal alleen. Ná onstellende gebeure op die plaas,...

About the Author

Sunet du Plessis

Sunet du Plessis

Sunet du Plessis is in Boksburg gebore. Sy het BA tale aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en 'n nagraadse hoër onderwys diploma verwerf. Sy is getroud met Jannie du Plessis, 'n predikant. Hulle het saam vroeër jare in Zimbabwe gewoon waar sy artikels oor die vryheidstryd geskryf het.
Sunet het vir twintig jaar voltyds onderrig gegee en haar eerste kortverhaal het in die Voorligter verskyn. Van 2013 tot 2019 het hulle in Skotland gewoon, waar haar man as predikant 'n gemeente bedien het. Sunet se artikels en kortverhale verskyn gereeld in tydskrifte en Die Kerkbode, en sy is die mede-outeur van 'n dagstukkie-boek. Sunet en haar man reis baie, en sy geniet fotografie terwyl sy voltyds skryf.

Read more

More titles by this author

×