In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture. Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou. Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzi’s, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, ’n sanger wat hom wou bliksem, ooms wat hom van verhoë gegooi wil hê en ’n stewige tannie wat met ’n krieketkolf op hom afstorm. Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur meisies en vroue aan hom gevra is, soos: Is...
No biography available for this author.