Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415210291
Published: February 2019
Page Extent: 256
Format: e-Book
RRP 255.00

Karaktermoord

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer

Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer

Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiraal momentum op.

’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat meer as ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Karaktermoord is die bekende jeugboekskrywer Carina Diedericks-

Hugo se langverwagte rillerdebuut.

About the Author

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

Read more

More titles by this author