Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children 9-12 Years, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Kinder & Jeug
ISBN: 9780799397956
Published: August 2019
Page Extent: 64
Format: e-Book
RRP 100.00

Lea lief seeskilpaaie (1)

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan ...

About the Author

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is in die Vrystaat gebore. Sy is nog altyd lief vir skilder en skets. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het twee seuns. Onder leiding van die skrywer Fanie Viljoen, haar broer en mentor, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer skryf. Haar eerste kortverhaal, Evan se pizza, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.

Read more

More titles by this author

×