Hierdie is die opvolg van Liefde en oorlog, die verhaal van Maura en John. John en sy broer, Michael, is seuns van ’n skatryk volstruisboer in Oudtshoorn. Albei ding mee tot Margaretha se hart, maar dis Michael, die erfgenaam, wat uiteindelik met haar trou. John gaan veg in die Boereoorlog terwyl Margaretha in weelde in ’n volstruispales woon.
John terug met ’n mooi en formidabele vrou en begin ‘n gemengde boerdery. Dan stort die veremark oornag in duie en word almal wat skatryk was, skielik bankrot. Die ontnugtering, swaarkry en uitdagings gee vir Margaretha die geleentheid om te wys dat sy, soos haar nuwe skoonsuster, nie slegs ’n mooi gesig het nie, maar ook ’n sterk ruggraat.
Dit is dié verlies wat wys wat in mense steek. Margaret en Michael maak...
Malene Breytenbach woon in Stellenbosch met haar man, Willie. Sy het al byna vyftig romanses geskryf. Sy skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en lewer gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.
Read more