Liefde Moord en Facebook is ’n tienerroman met genres van beide romanse en rillers. Die hoofkarakter, Klaradyn, raak verlief op ’n fotograaf wat dalk vir die moorde op die modelle in haar tuisdorp verantwoordelik is – die een na die ander word vermoor. Daar is ’n paar verdagtes, maar niks word te ernstig opgeneem nie. Die karakters is wandelende clichés en daar word op ’n humoristiese manier met die modelwêreld gespot, asook mense se obsessie met Facebook en die wyse waarop sosiale media deesdae die menslike gedrag dikteer. Die werklike storie bevat fiktiewe Facebook-insetsels, volledig met foto's en ’n paar skakels na video's en klankgrepe.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.