Die Calitze het alles op Maanschijnbaai kom verander. Almal weet teen dié tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake dat hulle kan toor.
Kyk maar hoe het Sue die arme Zach betower. En Jo vir Saul. Maar die ergste is die geliefde dominee Gideon wat handomkeer ’n ander mens geword het. Het dit iets te doen met Nan se magte? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie ’n restaurant oopmaak en toorkos bedien.
Chanette Paul is die bekende en gerekende skrywer van topverkopers soos Murasie, Marilyn en Offerlam. Sy woon op die Tuinroete saam met haar geliefde Blom. Anoniem, haar 50ste roman, is steeds ’n topverkoper.
Read more