DIE BOEK
Maleierkind – Stories uit die Bo-Kaap is ’n kleurvolle bundel verhale wat die geskiedenis, mites en volksverhale van die Kaapse Maleiergemeenskap laat herleef. Wendy Maartens bring klassieke Bo-Kaapse stories met warmte, humor en toeganklikheid aan jong lesers oor.
Bekende verhale soos “Doederomandro”, “Die drie broers en die blou voëltjie”, “Boer en Jakkals”, “Die prinses en die goue vis”, en “Kasim en die mensvreter” verskyn saam met historiese afdelings oor die slawe se reis na die Kaap, die ontstaan van slawename, die aandklok, en Afrikaans se Bo-Kaapse wortels.
Elke storie vier dapperheid, eerlikheid, liefde en hoop — temas wat vandag net so...
Wendy Maartens woon tans in Melkbosstrand. Wendy se passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan. Haar volksverhale, legendes en ware stories tot heldeverhale, dierestories en spookstories trap diep spore in die literêre storielandskap van bewaring, Sy bemagtig kinders om die uitdagings van elke dag d.m.v. stories die hoof te bied. Ander titels van Wendy wat onlangs verskyn het: Jeremia en die Amandelboom, Ek lees self reeks, My hart is oppi plaas!, Donkie se lang pad dorp toe en vele meer.
Read more