Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children's Non-Fiction, Local Non-Fiction, Afrikaans, Teen, Klaskameraad
ISBN: 9781776353590
Published: April 2022
Page Extent: 128
Format: Paperback
RRP 200.00

Mixtape van die liefde

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:Verliefdheid (’n rimpelvel hardloop),Wat is liefde? (my hart het in jou verdwaal),Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),Liefde en woede (ek haat en ek het lief) enLiefde wat verder reik (o’s celebrate).Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel:Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louwtot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, NathanTrantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julies en Ryan Pedro. Ronelda S. Kamferlewer die grootste bydrae met ses gedigte.Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-,Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook...

About the Author

Antjie Krog

Antjie Krog

Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.

Read more
Megan Bird

Megan Bird

No biography available for this author.

More titles by this author

×