’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie?Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ’n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ’n man met ’n verlede. Beer het sy hande vol met:•Sophia da Silva, ’n eks-sepiester wat ’n comeback met haar eie kaal kookboek beplan,•Otto en Lily Clement, ’n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red,•Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen,•Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en•Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat.Wie het ’n...
LEON VAN NIEROP is ’n geliefde skrywer, omroeper en regisseur. Met sy baanbrekerswerk op verskeie gebiede het hy hom oor die dekades heen as een van ons land se gerekendste storievertellers gevestig.
Read more