Penguin Random House South Africa

Categories: Local Non-Fiction, Non-Fiction, Adult, Afrikaans
ISBN: 9781485900832
Published: March 2022
Page Extent: 176
Format: Trade Paperback
RRP 250.00

My Stasie Straat Kombuis

Formats & Editions

Product Image
Trade Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Sjef Mynhardt Joubert maak al die afgelope vyf jaar kos in sy Stasie Street Kitchen in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree en sy huis as kreatiewe ruimte en foto-ateljee inspan. Stories uit My Stasie Straat Kombuis is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar voorsit. Mynhardt vermeng alles wat hy doen met sy geesdrif, lewenslus en liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservarings, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise oor die wêreld heen en deur Suid-Afrika. Lesers (en tuiskokke) word deur toeganklike resepte deel van hierdie ervarings. Sluit by hom aan in die ruimhartige en warm omgewing van sy Stasie Street Kitchen en skep jou eie verruklike...

About the Author

Mynhardt Joubert

Mynhardt Joubert

Sjef Mynhardt het meer as ‘n dekade gelede in die Kaap aangekom en aanvanklik in ‘n wynkroeg in De Waterkant gewerk. Ná ‘n mengelmoes van beroepe in die kunste, waaronder as balletdanser, het ‘n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Hy glo daar is niks meer bevredigend as om kos met liefde te berei en te sien hoe dit mense beïnvloed nie. Sy pad het gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy die formidabele Anton Espost en sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hulle droom om ‘n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Hulle het daarop gekonsentreer om kos wat plaaslik verkry is met liefde te berei. Hulle het gekonsentreer op kos wat voorberei is met plaaslike bestanddele en het dit in die eenvoudigste en geurigste kombinasies voorgesit. Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor. Dit was die ondervinding van ‘n leeftyd, en hy en sy kookmaat het die kompetisie gewen. Hulle het hulle eerste resepteboek vir die Kokkedoor-handelsmerk ontwerp en gestileer. Sjef Mynhardt was vir ‘n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan ‘n wonderlike webwerf: www. Mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.

Read more

More titles by this author