"Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie."
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?
Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boek BreinBliksem wen die Goue Sanlamprys vir jeuglektuur en ook die MER-prys vir jeuglektuur. Onderwêreld is met die Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon. Hy het ook al ‘n rits ATKV-Woordveertjies en ‘n M.E.R.-prys ingepalm. Hy het die LAPA se jeugromankompetisie alreeds drie keer gewen met sy boeke Offers vir die vlieë, Ons laaste legendariese somer en Die seun met die swaeltjie. Offers vir die vlieë ontvang ook ‘n ATKV-Woordveertjie toekenning (2019) en word met die Scheepersprys vir jeuglektuur (2022) bekroon.
Read more