Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Crime & Thrillers, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799394290
Published: April 2019
Page Extent: 516
Format: e-Book
RRP 270.00

Ondier

Formats & Editions

About the book

’n Kyk in die donker psige van ’n seksuele kannibaal.
Die hulp van die forensiese profileerder doktor Olaf Demeyer word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van ’n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen ’n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.
Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang - om te probeer help. Toe my eie dogter deur ’n reeksmoordenaar ontvoer word het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.”
Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober - die...

About the Author

Jan Vermeulen

Jan Vermeulen

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal “In Ma se Stoof” in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Read more

More titles by this author

×