Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776352821
Published: September 2022
Imprint: Romanza
Page Extent: 192
Format: e-Book
RRP 94.00

Oorfone en oefenfietse

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Karli Visser is ’n radio-omroeper, binnekort dertig jaar oud, en nie meer seker of sy lus is om haar gemaklike lewe en spasie met iemand anders te deel nie. Maar haar kollegas en vriende het ander planne en voor sy kan keer is sy in die middel van ’n realiteitsprogram besig om te swoeg en sweet om 20kg te verloor met een van die sexieste Bachelors in Bloemfontein. Sybrand Naude is ’n biokinetikus by ’n vooraanstaande hoërskool. Hy geniet sy werk, maar sy groot droom is om sy eie praktyk te hê. Dalk is hierdie openbare sirkus saam met Karli en haar radioprogram net die hupstoot wat hy nodig het. Al probleem is dat Sybrand ongeletterd in die taal van die liefde is, en hopeloos wanneer dit kom by vrouens. Gaan Karli hom uit sy penarie kan red sodat hy ook geluk kan...

About the Author

Louise van der Merwe

Louise van der Merwe

Louise van der Merwe is al van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in ’n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.

Read more

More titles by this author

×