Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ’n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker. In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is...
Herman Lategan is ‘n boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ‘n bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems, het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast, asook kortverhale in o. M. Bloots en Skrik op die lyf.
Read more