Biokinetikus Mina Strydom weet sy’s anders. Soos haar Ierse Ouma Wilhelmina, voel sy ook mense vir wie sy lief is, se pyn aan. Haar bekommernis oor haar ma, twee sussies en drie vriendinne is erg genoeg, sy wil haar nie oor nóg mense bekommer nie. Dis hoekom trou en kinders kry nooit deel van haar toekoms kan wees nie.
Maar toe beland sy in Louw de Ridder se arms en dit raak al hoe moeiliker om by haar voorneme te hou.
Louw de Ridder en sy drie vriende het hulle kinderhuislewe lankal agter hulle gelaat en besit vandag ’n florerende maatskappy. Hy is nie van plan om ooit te trou nie, iets wat ’n probleem blyk te wees vir ’n potensiële kliënt.
Sy vriende stel voor dat hy die mooi brunet wat in sy arms geval het saamnooi na die kliënt se...
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Read more