Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415210031
Published: July 2023
Imprint: Umuzi
Page Extent: 192
Format: Trade Paperback
RRP 300.00

Sluitstuk

Formats & Editions

Product Image
Trade Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Drie jaar ná die dood van Afrikaans se grootste skrywer kom ’n Nederlandse vrou na Suid-Afrika om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

Onder die deurdringende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, hul vervlegte lewens bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op sy eertydse leerling so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk is ’n elegiese roman...

About the Author

Johann Rossouw

Johann Rossouw

Johann Rossouw het grootgeword in Verwoerdburg (nou Centurion). Hy studeer filosofie in Suid-Afrika, Frankryk en Australië. Sy debuutroman, ‘n Rooi Z4 en ‘n Renaissance-kasteel, is in 2007 uitgereik. Hy is ook die skrywer van die Beeld-rubriek Glasoog, en sy artikels verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy doseer filosofie en woon saam met sy gesin in Bloemfontein.

Read more

More titles by this author

×