Emma keer ná sestien jaar na Silver Creek Ranch terug, salig onbewus van die chaos wat sy op die plaas veroorsaak. Sy was James, die eienaar se oudste seun, se jeugliefde, maar hy het nou ’n ander meisie. Emma en James het albei verander, en hul onskuldige kinderliefde verander stadigaan in iets onstuimiger.
Gaan Emma se gladde mond haar en James vir altyd uitmekaar dryf? Of gaan James dit reg kry om Emma finaal te tem?
CM Christians is ’n boekwurm wat in die Noord-Kaap gebore is en haar hart in die Boland verloor het. Sy wou as kind ’n skrywer wees en het ná skool tale gaan studeer. Met haar man se ondersteuning het sy die moed bymekaargeskraap om haar drome op papier vas te vang.
Read more