Danika was vir 'n kort rukkie dolgelukkig getroud totdat haar man, Ryk Terblanche, in 'n vreemdeling ontaard het. Sy verloor hulle ongebore baba nadat hy haar aanrand, en worstel steeds jare daarna met die verlies terwyl hy sy vonnis uitdien. Om die honger na haar eie kind te stil, word Danika 'n suksesvolle skrywer en werk as 'n vrywilliger by die neonatale afdeling van 'n hospitaal. Dit is hier waar Malan van den Heever haar raaksien ...
Maar Malan worstel met sy eie omstandighede. Hy het sy swanger vrou in 'n motorongeluk verloor en die smart dreig om hom in te sluk. Die medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir Reina nie. Dat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien, voel vir hom onwerklik en hy sukkel om afskeid te neem.
By die hospitaal sien hy...
Madelie het uit die onderwys getree om iets te doen wat haar vreugde verskaf – om liefdesverhale te skryf. Sy woon tans in die Bosveld waar sy en haar man hul eie liefdesverhaal uitleef.
Read more