Tien jaar na sy dood, word Tolla van der Merwe steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar meer dalk nog deur die wat hom geken het vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het. Maar wat het Tolla so spesiaal gemaak? Na amper vyf jaar se werk aan hierdie boek, voel die skrywer sy het nog nie die volle antwoord nie. "Ek bly verwonderd oor volwasse mans met wie ek onderhoude gevoer het wat vier, vyf jaar na Tolla se dood steeds oor hom gerou en openlik oor hom gehuil het." ’n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hoe om sy storie te vertel. Hierdie boek wou enersyds nie net ’n loftuiting of ’n huldeblyk wees nie. En andersyds sou ’n blote opeenstapeling...
No biography available for this author.