Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Teen, Afrikaans
ISBN: 9780639608372
Published: May 2021
Page Extent:
Format: Multiple-component retail product, slip-cased
RRP 220.00

Vaandeldraers

About the book

Vrouehelde van Suid-Afrika Vaandeldraers; vrouehelde; inspirerende vroue van Suid-Afrika. Hierdie besonderse reeks bevat die verhale van 12 vrouens wat verdien om gevier te word; vrouens wat enigeen sal inspireer. Van bekende vrouens soos Thuli Madonsela, Caster Semenya en Vanessa Govender, tot meer onbesonge helde soos Grizelda Grootboom en Suna Venter. Met unieke, kleurvolle illustrasies deur Linki Brand, is hierdie reeks ’n moet-hê vir elke jong leser. Die boeke is individueel te koop, of in ’n pragtige bokspak wat ’n ware versamelaarsitem is.

About the Author

Wendy Maartens

Wendy Maartens

Wendy Maartens woon tans in Melkbosstrand. Wendy se passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan. Haar volksverhale, legendes en ware stories tot heldeverhale, dierestories en spookstories trap diep spore in die literêre storielandskap van bewaring, Sy bemagtig kinders om die uitdagings van elke dag d.m.v. stories die hoof te bied. Ander titels van Wendy wat onlangs verskyn het: Jeremia en die Amandelboom, Ek lees self reeks, My hart is oppi plaas!, Donkie se lang pad dorp toe en vele meer.

Read more
Linki Brand

Linki Brand

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is tydens die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy spandeer haar kinderdae in Pretoria en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Linki het vryskutwerk gedoen vanuit Bloemfontein, Hermanus en daarna Bettysbaai, Greyton. Later emigreer sy saam met haar gesin na Penicuik, Skotland. Linki, haar man, Werner, dogtertjie, Fia en seuntjies, Ben en Lukas, bly tans in Bergen, Noorweë.
Verskeie van Linki se illustrasies verskyn in internasionale kinderboeke asook in die boeke van plaaslike skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Leon de Villiers en Wendy Maartens. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels bundel gepubliseer. Sy is ook in 2021 aangewys as een van die finaliste vir die Pendoringtoekenning vir haar ontwerpe.

Read more

More titles by this author