Martine is ’n kleuterskoolonderwyser met drome om die skool waar sy werk self te koop. Die laaste persoon wat sy verwag wanneer sy by die prokureurskantoor instap met ’n aanbod, is die strooijonker in wie se bed sy by haar suster se troue wakker geword het. Sy kan nie eers die vent se naam onthou nie.
Na sy ouers se dood het Antonie se tannie het hom teësinnig grootgemaak. Hy weet nie hoe verhoudings werk nie, maar hy hou van wie hy word wanneer hy by Martine is.
Is liefde vir mense soos hulle beskore?
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Read more