Wat beteken dit om Jesus te volg? Melissa Botma beskryf dit as 'n lewenslange reis met God. Elke dagstukkie is uit 'n preek wat sy oor die afgelope tien jaar by Mosaïek Kerk gedeel het as deel van haar roeping, verantwoordelikheid en liefde vir God en Sy mense. Die dagstukkies is in vier dele uiteengesit:
- DEEL 1: Vra vir die genade om bewus te wees van Sy Liefde
- DEEL 2: Vra vir die genade om Sy vergifnis te ervaar
- DEEL 3: Vra vir die genade om Hom te ken, lief te hê en te volg
- DEEL 4: Vra Vir die genade om soos Jesus te kan leef
Volg My: 365 dae op reis met God is 'n versameling van 365 dagstukkies deur Melissa Botma om gelowiges nader aan God te bring in hulle verhouding met Hom.
===
What does it mean to follow Jesus?...
Melissa Botma is 'n predikant, spreker en leier van die Mosaïek-gemeente in Johannesburg. Haar bediening fokus op geestelike groei, transformasie en die ont dekkingvan 'n lewe van oorvloed. Sy is 'n gereelde aanbieder van Mosaïek se weeklikse aanlyn dienste en podsendings, waar sy boodskappe oor God se teenwoordigheid, geloofsreise en praktiese Christelike leefwyse deel.
Read more