Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415205129
Published: November 2012
Imprint: Umuzi
Page Extent: 240
Format: e-Book
RRP 165.00

Werfsonde

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

In Hillbrow, Berea en Doornfontein is die prostitute volop. In nabygeleë Yeoville is die wit mense skaars. Die honde blaf mens wakker en die sjebiens bly laat oop. Soms moet jy betreders in jou tuin met ’n rewolwer verjaag. Dit is in hierdie nuwe Johannesburg, met sy inwoners van regoor Afrika, waar ’n Afrikaanse man saam met sy Zoeloe-vrou Lungi en haar seun Jomo ’n lewe probeer uitkerf. Hierdie onverskrokke verslag van ’n onkonvensionele gesinslewe, seks in agterstraatbordele en lang aande van drink word ’n hipnotiese, snaakse en nostalgiese portret van ’n wêreld in oorgang, van die winste en verliese van ’n nuwe soort bestaan. Dalk ís ’n ander Suid-Afrikaanse lewe moontlik.

About the Author

Kleinboer

Kleinboer

Kleinboer ontvang in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuutwerk, Kontrei ,  en hierna volg Werfsonde . Hy is in 1956 op die Oos-Rand gebore en het in Kemptonpark grootgeword. Na jare as rekenaarprogrammeerder en stelseladministrateur het hy taalversorging vir 'n landboutydskrif gedoen. Hy werk tans as subredakteur by 'n dagblad en woon in Yeoville.

Read more

More titles by this author

×