Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie.
Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wêreldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou.
Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.
Na bykans vier jaar...
No biography available for this author.