Toe Lianca op haar broer se troue met Paul van Huyssteen dans, weet sy hy is haar trouman, maar Paul het net oë vir die bruid.
Twee jaar later gee Paul se ouers Lianca werk én reël vir haar verblyf in die woonstelletjie op Paul se werf. Hy weet nie Lianca is die man wat sy verloofde gesteel het se suster nie.
Wat gaan gebeur as hy uitvind? Sal Lianca se omgeehart Paul se skanse kan oorkom?
Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur. Sy het ’n graad in rekeningkunde, maar haar passie is om liefdesverhale te skryf. Deur karakters te skep, kry sy die kans om in ander se skoene te staan. Dit het haar geleer om deernis met haar medemens te hê.
Read more